Jy moet geduld ontwikkel

Jy moet geduld ontwikkel

“Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.” —Jakobus 1:4 NLV

As ek en jy vir God sê: “Verander my,” moet ons verstaan wat ons werklik sê want al die veranderinge gaan nie oornag gebeur nie. In plaas daarvan, wat God doen is om ons ‘n kans te gee, deur opposisie, om te groei soos ons verander.

Jakobus 1 vertel ons hoe belangrik dit is om geduld te hê wanneer ons verander en deur opposisie gaan. Geduld is ‘n vrug van die Gees wat nét groei en ontwikkel in moeilike omstandighede, en dit is iets wat ons nodig het.

Die Skrif leer ons dan as ons dit het, sal ons perfek wees en niks kortkom nie. Maar, daar is geen manier om dit te kry sonder om deur iets te gaan nie.

As ons werklik oorwinnaars in Christus wil wees wie God dien en ‘n verskil in die wêreld wil maak, dan gaan ons deur moeilike tye moet gaan. Die duiwel sal alles probeer om jou te ontmoedig met elke kans wat hy kry, maar God is groter as jou vyand en Hy kan jou deur enige uitdaging kry met oorwinning.

So vandag, kies om toe te laat dat God deur jou werk, selfs in die gesig van opposisie en teenstand. Soos jou geduld groei en ontwikkel, sal jy instap in ‘n lewe van groot oorwinning.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil hê dat U my verander en ek weet dat dit beteken dat ek deur uitdagings moet gaan. Gee my U krag om te staan en om standvastig te wees as ek deur teenstand gaan sodat ek geduld kan hê en ten volle ontwikkel word in Christus.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon