God het Jou Gekies

God het Jou Gekies

Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies. Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe. (Efesiërs 1:4)

Laat ek jou vandag aan iets herinner: Jy is geen verrassing vir God nie! Hy het geweet wat Hy kry toe Hy jou gekies het … en Hy het jou in elk geval gekies!

Die Bybel sê dat God ons eintlik vir Homself gekies het as sy eie. Dit is geen toeval dat jy ‘n kind van God is nie. Hy verdra jou nie net nie. Hy het jou met graagte gekies omdat Hy jou liefhet.

God het reeds jou swakhede geken, elke fout wat jy sou hê, elke keer as jy sou misluk en Hy het steeds gesê: ”Ek wil jou hê”. Efesiërs 1:5 verklaar dat jy as Sy eie aangeneem is. God is jou perfekte liefdevolle Pappa! Met Hom aan jou kant kan jy verseker wees dat dinge op die ou end goed sal uitwerk.


Vandag se Gedagte

Jy kan God nie pla nie, jy kan nie aan Hom voorskryf nie. Hy is nie gefrustreerd met jou wanneer jy ‘n probleem het nie. In plaas daarvan sal hy jou altyd met ope arms ontvang, gereed om jou te herinner aan hoe ver jy gekom het, hoe kosbaar jy in Sy oë is en hoe lief Hy jou het.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Deuteronomium 10:15; Markus 13:20

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon