“Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!” Saul het uiteindelik ingestem. “Goed, doen dit,” sê hy. “En mag die Here met jou wees!” —1 Samuel 17:37 NLV
In tye van krises is dit maklik om te voel asof God nie kan red nie. Om jou geloof te versterk, oorweeg hierdie Bybelse stories van hoe God Sy kinders uit moeilike omstandige gered het.
In 1 Samuel 17:37, het Dawid geweet dat hy Goliat kon oorwin want God het hom alreeds van ‘n beer en ‘n leeu gered.
In Daniël 3, het Sadrag, Mesa gen Abednego geweier om te buig en die koning se standbeeld te aanbid en hulle het aangehou om God te aanbid. Die resultaat was dat hulle in ‘n vurige oond gegooi was waar die hitte sewe keer warmer as normaal was. Maar God het hulle so ten volle gered dat hulle nie eens na rook geruik het nie! Hy het selfs binne die vuur saam met hulle opgedaag!
Daniël dien as ‘n ander voorbeeld van God se bereidwilligheid en vermoë om te red. Toe hy in die leeukuil gegooi was omdat hy God aanbid het, het hy geweet dat sulke redding moontlik is en hy het ongedeerd daaruit gekom terwyl sy vyande vermorsel was (sien Daniël 6).
Kom jy agter dat hier ‘n patroon is? Wanneer God se mense in geloof uitstap en doen wat hulle weet God wil hê hulle moet doen, sal God reageer en hulle die oorwinning gee.
God kan Sy kinders red uit enige omstandighede uit.
Weet vandag dat Sy reddingskrag baie groter is as jou probleem.
Gebedsbeginpunt
God, keer op keer het U U kinders gered uit hul moeilikheid, en ek weet dat U nie nou sal misluk nie. U is meer as in staat om my situasie te hanteer, so ek plaas my vertroue in U.