“Die Skrif sê vir ons: “Die eerste mens, Adam, het ’n lewende, fisiese persoon geword.” Maar die laaste Adam – dit is Christus – het ’n lewendmakende geestelike Persoon geword.” —1 Korintiërs 15:45 NLV
Die konsep van Jesus se bloed maak sommige mense deurmekaar, maar sonder ‘n volledige begrip daarvan, kan gelowiges nie die volheid van die krag daarvan toepas nie.
Toe Adam gesondig het, was sy sonde deur sy bloed oorgedra. Dawid het hierdie waarheid bevestig in Psalms 51:7: Want ek is as sondaar gebore, en was dit toe my ma swanger geword het.
Jesus het gekom om die mensdom te verlos, om ons vryheid te koop en ons te herstel na ons oorspronklike toestand. Hoe kon Hy dit doen met sondige bloed?
Jesus word verwys na as die laaste Adam in 1 Korintiërs 15:45. Omdat Hy gebore was van God, nie mens, is daar lewe in die bloed van Jesus, en wanneer dit toegepas word, sal die lewe in Sy bloed die dood oorwin wat in ons werk deur sonde.
God wil ons herstel na die plek van outoriteit wat ons s’n is. Hy het reeds daardie reëlings getref. Ons sê in Engels: “He has sealed the deal”.
Die verkoopsprys is reeds ten volle betaal. Ons is gekoop met ‘n prys – die kosbare bloed van Jesus.
Gebedsbeginpunt
God, ek is verlos en vrygestel deur die bloed van Jesus. Selfs al was ek gebore in sonde, die bloed van Jesus het my skoongemaak. Dankie Here!