Jy is nooit alleen nie

Jy is nooit alleen nie

“Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie!” —1 Samuel 17:37 NLV

Hartseer en eensaamheid is groot probleme wat mense in die gesig staar. Die twee gaan baie hand aan hand, want baie mense is hartseer oor hul eensaamheid. In ons bediening ontvang ons baie gebedsversoeke van mense wat sukkel met eensaamheid.

God se Woord sê vir ons dat ons nooit alleen is nie. Hy wil ons red, troos en genees. Maar wanneer mens pynvolle verlies in jou lewe ervaar, kan mens soms sig verloor oor hierdie eenvoudige waarheid.

Satan wil hê jy moet glo dat jy alleen is. Hy wil jou laat glo dat niemand ooit sal verstaan hoe jy voel nie, maar hy is ‘n leuenaar. Nie net is God altyd by jou nie, maar baie van jou broers en susters in Christus verstaan waardeur jy gaan in jou denke en emosies (sien 2 Korintiërs 1:3-4).

Jy is nie nou alleen nie, en jy sal nooit wees nie, maak nie saak wat op jou pad kom nie.

Jy mag dalk nie verstaan hoekom jy seer het nie en die pyn van verlies ruk deur jou hele sielswese, maar weet net en hou vas aan hierdie een waarheid: God het jou lief en Hy het ‘n baie goeie toekoms vir jou.

Hoop in Hom en vertrou Hom om jou hartseer in vreugde te verander (sien Jesaja 61:1-3).


Gebedsbeginpunt

God, ek kan nie altyd die waarheid sien deur my hartseer en eensaamheid nie, maar ek weet dat U my nooit sal verlaat nie. Help my om te onthou dat U naby is en gee my vriendskappe met Christene wat my sal bemoedig om U meer te soek.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon