“Nie dat ek dit alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het!” —Filippense 3:12 NLV
Daar is baie mense wat so bang is dat hulle ‘n fout maak, dat hulle glad niks doen nie. In plaas daarvan, sit hulle rond en vra: “Wat as ek verkeerd is? Wat as ek God mis?”
Weet jy wat God een keer vir my gesê het? Hy het gesê: “As jy My mis, sal ek jou kry.”
As ons afgedwaal het erens heen en nie seker is waar ons is nie, kan ons net ons hande oplig en sê: “Jesus, kom haal my! Ek is deurmekaar. Ek dink ek het ‘n verkeerde besluit gemaak.”
God weet ons kan nie perfek wees nie, so Hy het Sy Seun as die perfekte opoffering vir ons gestuur. Nou druk ons deur na die merk van perfeksie. In Filippense 3 praat die apostel Paulus van vorentoe beweeg na wat voorlê en om te vergeet van die verlede.
God roep ons om vorentoe te beweeg vandag. Hou op om in vrees te leef om foute te maak, want die feit van die saak is: almal maak foute.
God vra nie dat jy wel foute maak nie. Hy roep jou slegs vorentoe, dat jy Hom vertrou om jou te lei. Hy vra dat jy na Hom toe uitroep.
Moenie in vrees leef van jou onperfekthede nie. Lewe met geloof in God se perfekte plan vir jou.
Gebedsbeginpunt
Here, ek wil nie lam van vrees leef as gevolg van my foute nie. Help my om my fokus op U te hou. Ek weet dat U my sal help om vorentoe te beweeg na die perfekte plan vir my lewe.