‘’Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder en my God!’’ —Psalm 42:6 NLV
Mense wat ‘n tragedie beleef, raak baie keer emosioneel onstabiel en het nodig om hul seer te verwerk. Hul huil onbeheersd, en trane en ander gevoelens kom en gaan. Verwarring, woede, vrees, depressie en oorweldigende gevoelens is algemeen. In tye soos hierdie, is dit wys om na Koning Dawid te kyk. In Psalm 42:6, lees ons dat wanneer Dawid depressief gevoel het, het hy dit weerstaan. Hy het nie in ‘n put van wanhoop gaan sit nie. Hy het beskryf hoe hy voel en ‘n besluit gemaak om nie te lewe volgens sy gevoelens nie. Hy het God geprys en vertrou. Die meeste van ons gaan deur ‘n moeilike emosionele tyd wanneer daar ‘n verlies is en ons het tyd nodig om te rou. God wil ons vertroos wanneer ons deur die proses gaan en ons genade gee om ons te help. Diegene wie wandel in geloof sal beter daaraan toe wees as voorheen. Indien jy nou pyn ervaar as gevolg van ‘n verlies in jou lewe, wil ek jou verseker dat ‘n nuwe begin voor jou lê. Vertrou en prys die Here soos Dawid het. Wat Satan bedoel het as skade, kan God omkeer tot jou voordeel!
Gebedsbeginpunt
Vader, al rou ek en is ek depressief, sal ek U prys en vertrou. Soos Romeine 8:28 sê, glo ek dat U alles ten goede vir my sal laat meewerk.