Ontvang God se Liefde vir Jou

Ontvang God se Liefde vir Jou

En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.(Romeine 5:5)

Die Bybel leer ons dat die liefde van God deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort is. Dit beteken eenvoudig dat wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem, Hy in ons harte kom woon in die persoon van die Heilige Gees … en Hy bring liefde saam met Hom, want God is liefde (sien 1 Joh. 4:8).

Dit is belangrik om te vra wat ons doen met die liefde van God wat vryelik aan ons gegee is. Ontvang ons Sy liefde deur geloof, en glo ons dat Hy groter is as ons mislukkings en ons swakhede? Of verwerp ons daardie liefde omdat ons die leuen van die vyand geglo het dat ons onbeminlik is?

Neem ‘n oomblik in jou stiltetyd saam met God om Sy liefde te ontvang. Wanneer jy dit doen, sal jy ook leer om jouself lief te hê – nie op ‘n selfsugtige, selfgerigte manier nie, maar op ‘n gebalanseerde, godvrugtige manier, ‘n manier wat bevestig dat jy God se skepping is en dat jy onvoorwaardelik deur jou hemelse Vader geliefd is.


Vandag se Gedagte

God se plan is dat ons Sy liefde moet ontvang, onsself op ‘n goddelike manier moet liefhê, Hom in ruil daarvoor mildelik sal liefhê en dan al die mense wat in ons lewens inkom, lief moet hê.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Efesiërs 3:17-18; 1 Johannes 4:9

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon