Werklike Vrygewigheid Kos Iets

Werklike Vrygewigheid Kos Iets

In alles het ek vir julle ’n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.’” (Handelinge 20:35)

Werklike vrygewigheid vereis ‘n mate van opoffering. God het sy enigste Seun gegee om ons te bevry en hoewel ons nooit daardie opoffering kan ewenaar nie, wanneer ons van onsself aan ander gee, is dit belangrik dat ons bereid is om dit opofferend te doen.

Om die klere en huishoudelike items waarmee ons klaar is weg te gee, is dalk ‘n mooi gebaar, maar dit is nie gelyk aan werklike gee nie. Om werklik te gee vind plaas wanneer ons iets gee wat ons wil behou of wat ons werklik iets kos.

As jy dink hoe God Sy enigste Seun vir ons gegee het vanweë Sy groot liefde vir jou, sal dit jou noop om ook van jouself te wil gee – maak nie saak hoeveel dit verg nie.


Vandag se Gedagte

Koning Dawid het gesê hy sal nie vir God iets gee wat hom niks kos nie (sien 2 Samuel 24:24).

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 37:21; Romeine 12:6-8

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon