Woorde Maak ‘n Verskil

Woorde Maak ‘n Verskil

Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. (Spreuke 16:24)

Die Woord van God het baie te sê oor die woorde wat ons kies om te spreek. Ons woorde doen meer as om net die mense met wie ons praat te beïnvloed; ons woorde beïnvloed ons ook. Jou gesindheid, emosionele stabiliteit, vrede, vreugde – word alles beïnvloed deur jou eie woorde.

Hier is ‘n paar Bybelse aanwysings en aanmoediging om jou te help met jou woordkeuses:

  • ‘’Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel.’’ (Efesiërs 4:29)
  • ‘’Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê.’’ (Matteus 12:36).
  • ‘’Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser.’’ (Psalm 19:15).

Hierdie is maar net ‘n paar van die vele aanmoedigings in die Bybel wat jy in jou lewe kan begin implementeer. Moenie huiwer nie, jy kan vandag positiewe woorde begin praat!


Vandag se Gedagte

Positiewe, God-geïnspireerde woorde is ”soet vir die gees” en bring ”genesing vir die liggaam”.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Spreuke 12:17; Eksodus 4:12

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon