Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:13)
Moet nooit aanvaar dat waar jy was en waar jy is, is so goed as dit kom nie. Wanneer jou doel of situasie onmoontlik lyk, hou in gedagte dat niks vir God onmoontlik is nie. In Mattheus 19:26 sê Jesus, ‘’ Daarop het Jesus hulle aandagtig aangekyk en gesê: “Menslik gesproke is dit onmoontlik. Maar by God is alles moontlik!”
Die beste dinge wat jy in die lewe kan doen, is die dinge wat jy nie op jou eie kan doen nie. Jy weet jy is op die regte pad wanneer ‘n uitdaging of ‘n geleentheid net met God se hulp gedoen kan word.
Dit maak nie saak hoe die situasie rondom jou lyk nie, God is groter as enige struikelblok wat jy dalk in die gesig staar. Enigiets wat nog nooit gedoen is nie, is onmoontlk totdat iemand dit doen, dus hoekom kan dit nie jy wees nie? Moenie toelaat dat jou verstand ‘n hindernis word vir die dinge wat jy nie in die lewe kan bereik nie. Dink groot – soos God doen.
Vandag se Gedagte
Glo God gaan iets beter in jou lewe doen. Gaan voort en kry nuwe hoop … God lei jou na iets beter as wat jy aan kan dink.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Romeine 12:21; 1 Johannes 5:4