Ons is geroep om God te geniet

Ons is geroep om God te geniet

“…vir ons is daar net een God, naamlik ons Vader uit wie alles afkomstig is en ons lewe is op Hom gerig. En daar is net één Here, naamlik Jesus Christus deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe.” —1 Korintiërs 8:6 NLV

Ons moet gemaklik raak met God. Ek bedoel nie ons moet oneerbiedig wees nie, maar dat ons nie vir Hom bang hoef te wees nie. Ek glo die uiteinde roeping van elke gelowige is om God te geniet.

Ons word geroep om die Vader te geniet, want Hy is lewe en ons kan nie werklik die lewe geniet as ons nie vir Hom geniet nie.

Somtyds geniet ons nie God se teenwoordigheid nie want ons raak te opgesweep om Hom te dien, uit te vind watter gawes ons het en ons spandeer al ons tyd in bediening. Dit het met my gebeur. Ongeveer vyf jaar in my bediening in, het die Here my hard geslaan met die brieke want ek het so trots geword op die werk wat ek vir Hom gedoen het dat ek Hom nie meer geniet het nie.

Ons moet versigtig wees as ons te trots raak op onsself, oor al die goed wat ons doen. Dit is nie wat God soek nie.

As ons Vader, wil Hy hê dat ons Hom ken en geniet.

So laat ek jou afvra, is jy trots op jou werke vandag? Of geniet jy werklik die Here?


Gebedsbeginpunt

Vader God, ek wil U geniet. Om in gemeenskap met U te wees en in U teenwoordigheid is so wonderlik. Ek lê my trots neer en kom nederig voor U so ek my doel en vreugde in U alleen kan vind.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon