Jy Kan Nie Meer As God Gee Nie

Jy kan nie meer as God gee nie

“As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.” —Lukas 6:38 NLV

Sommige sit geld of die wêreld se handelsisteem voor God. Maar die Bybel sê in Openbaring 18 dat as ons ons vertroue in geld sit, gaan dit ons faal.

Ek het gevind dat die manier om met geld te werk is eenvoudig: probeer om meer as God te gee. (Die waarheid is dat dit glad nie moontlik is om ooit meer as God te gee nie, maar as jy probeer met so ‘n hart, is die resultate wonderlik).

Hoe meer ons weggee…hoe meer is ons gehoorsaam aan Hom met ons finansies, en hoe meer seën Hy ons. Soos ons meer vir ander mense doen, sal ons vind dat ons gelukkiger is en meer vervuld as ooit tevore.

Die samelewing sê dat ons alles in die wêreld se handelsisteem moet belê en die heeltyd werk om meer geld te maak. Maar as ons dit doen, sal ons nooit werklik enigiets hê wat saakmaak nie, veral vreugde. En ons sal nie eens die geld wat ons wel het kan geniet nie, want ons gebruik dit nie in God se manière nie.

Dit maak dalk nie sin volgens die wêreld se standaarde nie, maar God wil nie net hê jy moet net geldmaak en dit wegbêre nie. God sê dat deur te gee, het ons meer op die ou einde.

Ek daag jou uit om jou vrygewigheid vandag te vergroot. Vertrou my – jy kan nie meer as God gee nie.


Gebedsbeginpunt

God, ek weet U plan vir my finansies is nie soos die wêreld s’n nie. Maar ek weet dat wanneer ek gee soos U wil hê ek moet gee, sal U na my kyk. My geld is U s’n en ek sal dit gebruik soos U wil.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon