“As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.” —Romeine 8:6 NLV
Presies nou is ek en jy in die middel van ‘n oorlog betrokke. Dit is ‘n geestelike oorlog en ons veg teen die bose regeerders en maghebbers, die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen (Efesiërs 6:12). Ons het nodig om die gedagtes van die Heilige Gees te hê om hierdie stryd te wen.
Die hartseer van die saak is dat daar baie gelowiges is wat met die gedagtes van die vlees beweeg. Maar as ons wil leef in ‘n manier waar ons die wêreld om ons verander, dan moet ons ophou leef in die vlees en begin leef in die Gees.
Elkeen van ons moet aanhoudend veranderinge maak om ons vleeslike gegeertes onder die Heilige Gees se beheer te plaas en nie toe te laat dat ons emosies of gedagtes ons beheer nie.
Die Skrif verduidelik vir ons dat die gees oorlog verklaar het teen die vlees en die vlees teen die gees, so ons is konstant antagonisties teenoor mekaar. Dis ‘n oorlog!
Die duiwel haat ons en hy werk oortyd om seker te maak dat ons in die vlees opereer.
Op die ou einde besluit net jy wie wen in jou lewe. Die goeie nuus is dat jy nie deur jou vlees hoef regeer te word nie. Jy kan in die Gees leef, en jou vlees in lyn bring met Sy wil. Jy kan die stryd wen vandag!
Gebedsbeginpunt
God, ek wil die stryd wen vandag. Ek wil die gedagtes van die Heilige Gees hê, wat lewe en vrede bring. Ek kies U Gees vandag. Help my om my vlees in lyn te bring met U wil.