“Hulle het die volk ingelig: “Wanneer julle sien die Levitiese priesters tel die ark van die verbond van die Here julle God op, moet julle van julle staanplekke af opstaan en hulle begin volg.” —Josua 3:3 NLV
Staar jy nuwe geleenthede in die gesig vandag? Watookal daardie geleenthede mag wees, dit is altyd belangrik om die “ark te volg”. Wat bedoel ek daarmee? Wel… somtyds hang ons aan die ou, vervelige situasies in die lewe, bloot omdat dit bekend is aan ons en ons is eintlik te bang om in nuwe grondgebied in te stap.
En dan is daar tye wat ons kan ervaar dat daar iets nuut voor ons is, maar ons wil sommer dadelik in dit instap – voordat dit werklik God se tyd is vir ons om dit te doen.
In Josua 3:3, praat God met Israel oor om die ark van die verbond van die Here te volg. Die ark verteenwoordig die salwing van God…die teenwoordigheid van God…die wil van God.
Dit is baie belangrik vir ons om te leer om die wil van God te volg en nie die wil van onsself of ander nie.
God het ‘n plan vir jou en my, en die enigste manier om te sien hoe daardie plan ontvou, is om die ark te volg, die wil van God en nie ons vlees, ander mense of ons emosies nie.
Onthou vandag dan watookal God se wil vir jou lewe is, Hy wil die pad voorsien vir jou om dit te volbring.
Gebedsbeginpunt
God, net soos die Israeliete, weet ek dat ek die “ark moet volg”. My tydsberekening vir die nuwe geleenthede maak nie saak nie… net U wil maak saak. As ek U volg, weet ek dat U die pad sal oopmaak om U plan vir my te laat volbring.