“…Ek skryf aan julle, jonges: Julle is kragtig en die woord van God is deel van julle bestaan en julle het as oorwinnaars oor die bose uit die stryd getree.” —1 Johannes 2:14 NLV
As jy wonder hoekom dit altyd vir jou voel asof jy onder iets is – asof jy konstant probleme in die gesig staar – en geen oorwinning in jou lewe het nie, moet jy dalk meer tyd in die Woord spandeer.
Baie gelowiges gaan elke week kerk toe en luister na iemand anders wat vir hulle die Woord preek, maar hulle ken glad nie die Woord vir hulself nie.
As jy in oorwinning wil lewe, gee God se Woord ‘n plek van prioriteit in jou alledaagse lewe. Prakties gesproke, dit kan beteken dat jy die Woord verklaar terwyl jy regmaak in die oggend, of jy kan na ‘n lering of aanbiddingsmusiek luister oppad werk toe. Jy kan dalk die Woord lees in jou etensuur of buite gaan stap en bid.
Hierdie is net ‘n paar idees oor hoe om God se Woord te integreer in jou lewe. Doen wat die beste werk vir jou om seker te maak dat jy Sy waarheid nastreef op ‘n gereelde basis. Gee Sy Woord ‘n plek van top prioriteit en dit sal jou lewe verander.
Gebedsbeginpunt
Here, ek wil U Woord ten volle integreer in my lewe. Ek wil nie net iemand anders hoor preek een keer ‘n week nie, ek wil dit vir myself ken. Lei my en wys my manière om U Woord konstant na te streef.