“Om rusie aan die gang te sit, is soos om ’n sluis oop te trek. Staak liewer die stryery voor die vloed jou tref.” —Spreuke 17:14 NLV
Twis is een van die hoof wapens wat die vyand teen Christene gebruik. Ek glo daar is drie dinge wat ons oopmaak vir ‘n gees van twis en rusie:
- Ons monde: Verkeerde woorde wat gespreek word op die verkeerde tyd kan verseker ‘n vuurstorm veroorsaak. Hoe meer verkeerde woorde ons op die vuur gooi, hoe groter word dit. Een manier om ‘n vuur te stop is om die petrol te verwyder.
- Ons trots: Alhoewel verkeerde woorde ons mag oopmaak vir twis, dit is ‘n trotse hart wat weier om stil te word sodat vrede weer kan kom. Trots eis om die laaste woord te hê maar die Woord sê dit sal lei tot vernietiging (sien Spreuke 16:18).
- Ons opinies: Ons kan dikwels in twis inkom deur ander te probeer oorreed van ons opinies. Wanneer ons besef ons het baie om te leer en ons hou op om opinies te gee as dit nie nodig is nie, sal ons begin om die kennis op te doen wat ons benodig.
Die vyand sal altyd probeer om ons lewens te infiltreer met twis en rusie. Maak ‘n besluit om God te eer en ander, deur twis en rusie te vermy en om eerder die vrede na te streef, eenheid en begrip.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, help my om op my hoede te bly teen twis en rusie. Ek gee U my woorde en my opinies. Ek begeer om in ‘n twis-vrye verhouding met ander te loop.