Doen aan ander…

Doen aan ander…

“Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” – Matteus 7:12 NLV

God het baie seëninge wat Hy in ons lewens wil uitstort, maar daar is baie waarvan ons nie eens weet nie bloot omdat ons nie aan ander doen wat ons graag wil hê ander moet vir ons doen nie. Ons wil graag geseën word, maar neem ons die inisiatief om hulle eerstens onbaatsugtig te seën?

As jou huwelik, familie, of vriendskappe nie is wat jy sou wou hê nie, kan jy dit letterlik omdraai deur hierdie een beginsel nou aan te neem. Jy wag miskien dat jou gade iets vir jou doen. Of miskien weier jy hardkoppig om ‘n vriend te help, want jy wil hê dat hulle jou eers moet help. Dit kan selfsugtig wees om so te lewe, maar dinge sal nooit verander voordat jy besluit om dit aktief te verander nie. Dit is tyd om jouself te verootmoedig en jou verhoudings te red.

In plaas daarvan om op jouself te fokus, te wag op seëning wat na jou kant toe kom, kies om aktief opofferings te maak en die mense te dien wat God in jou lewe geplaas het. Wees ‘n dienaar en fokus daarop om ander te seën.

In plaas daarvan om verwerp en geïgnoreer te voel, sal jy verbaas wees hoe jou verhoudings kan verbeter as jy ander behandel soos jy behandel wil word.


Gebedsbeginpunt

Here, ek baat niks om ‘n selfsugtige lewe te leef nie. In plaas daarvan om te wag dat mense goeddoen  aan my, sal ek eerstens goeddoen aan hulle en hul behandel soos ek behandel wil word.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon