Waarvoor hoop jy?

Waarvoor hoop jy?

“Keer terug na die vesting toe, gevangenes vol hoop! Ek belowe dat Ek julle dubbel sal vergoed vir al julle swaarkry.” —Sagaria 9:12 NLV

Ek het ‘n vraag vir jou: waarvoor hoop jy? Wat verwag jy in die lewe? Soek jy na iets goed om te gebeur of verwag jy teleurstelling?

Baie mense vandag voel hopeloos. Maar Jesus het nie gesterf sodat ons hopeloos moet voel nie. Hy het gesterf juis dat ons vol hoop kan wees.

Die duiwel wil jou hoop steel en hy wil vir jou lieg. Hy sal vir jou sê dat niks goed in jou lewe kan gebeur nie of dat die goeie dinge waaroor jy omgee, nie lank gaan hou nie. As jy sukkel met ‘n moeilike situasie, sal hy vir jou sê dat dit nooit gaan eindig nie. Maar bly vol hoop en onthou die duiwel is ‘n leuenaar. God kan alles verander!

Ons Vader is goed en Hy het goeie planne vir jou lewe. As jy jou hoop wil behou, veral in die moeilike en onsekere tye, belowe Hy jou “dubbele vergoeding”.

So moenie hoop verloof nie. Begin om te verwag dat God iets gaan doen – iets goed!


Gebedsbeginpunt

Here, my hoop is in U. Satan is ‘n leuenaar en ek wil nie luister na hom en hoop verloor nie. Ek verwag dat U goeie dinge in my lewe gaan doen.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon