Wees lief vir jouself sodat jy ander kan liefhê

Wees lief vir jouself sodat jy ander kan liefhê

‘’Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag.”- Markus 12:31 NLV

Dis moeilik om die lewe te geniet as jy nie van jouself hou nie. Mense wat nog nie geleer het om hulself te aanvaar en om met hulself klaar te kom nie, het dit moeilik om ander te aanvaar en met hul oor die weg te kom.

Persoonlik het ek baie jare dit moeilik gevind om met ander klaar te kom, totdat ek uiteindelik deur die Woord van God besef het dat my probleme met ander mense is eintlik “gewortel’’ in my probleme met myself. Ek het nie van myself gehou nie!

Die Bybel sê dat ‘n goeie boom sal goeie vrugte dra, en ‘n slegte boom sal slegte vrugte dra. Net so kom die ‘’vrug’’ van ons lewens uit die ‘’wortel’’ binne ons. As jy gewortel is in skaamte, skuldgevoelens, minderwaardigheid, verwerping, gebrek aan liefde en aanvaarding, ens, sal die vrug van jou verhoudings ly.

Sodra jy egter ‘n openbaring van God se onvoorwaardelike liefde vir jou het en jy jouself en ander begin aanvaar, sal hierdie nuwe wortels uiteindelik goeie vrugte afwerp, en jou verhoudings sal floreer.

Waarin is jou wortels geplant? Ondersoek jou hart vandag en bid dat God jou ferm sal plant in die grond van Sy liefde, sodat jy jouself regtig kan liefhê en dan ander kan liefhê. Sorg vandag dat jy in Hom gewortel is.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil in U liefde gewortel wees. Sonder U liefde kan ek nie myself of ander liefhê nie, daarom ontvang ek dit vandag.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon