Bid in Sy naam

Bid in Sy naam

“En op daardie dag sal julle My niks meer uitvra nie. Ek verseker julle, wat julle ook al van die Vader vra in my Naam, sal Hy aan julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Hou aan bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volledig kan wees.” —Johannes 16:23-24 NLV

Toe ons jongste seun nog op skool was, het ons mense gehad wat by wie hy gebly het as ek en Dave moes reis. Vir hierdie mense om die nodige mediese sorg te kry vir hom in ons afwesigheid, het hulle ‘n wettige brief nodig gehad wat bewys dat hulle die reg het om ons naam te bruik namens ons seun om letterlik besluite in ons plek te neem.

Dit is wat Jesus vir Sy dissipels en uiteindelik ook vir almal wat in Hom glo gedoen het.

Hy sê dat God ons sal antwoord as ons Sy naam gebruik. Dit is die outoriteit wat ek en jy gegee is in die naam van Jesus.

Sy naam neem Sy plek – Sy naam verteenwoordig Hom. Wanneer ons in Sy naam bid, is dit dieselfde as wat Hy self bid. Hierdie voorreg klink amper te goed om te glo! Maar ons kan dit glo want ons het Skrif wat dit bewys.

So gebruik die outoriteit van Jesus se naam en laat daardie krag werk om die bose te oorkom en die seëninge van God te bring na hierdie wêreld.


Gebedsbeginpunt

God, ek bid na U met vrymoedigheid in die naam van Jesus, wetende dat U luister en gereed is om te antwoord. Dankie vir die wonderlike voorreg om in U Seun se naam te kan bid.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon