“Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug.” —Jakobus 4:7 NLV
Baie Christene lê op die kantlyn van die lewe mismoedig en depressief omdat hulle nie geleer het hoe om teleurstelling te hanteer nie. Maar dit is nie God se wil vir jou om ‘n teleurgestelde, depressiewe of mismoedige lewe te lei nie. Nie vandag of enige ander dag nie.
Deel van Jesus se aardse bediening was om in die salwing van die Heilige Gees te beweeg en almal te bevry wat verdruk was deur die duiwel. Teleurgestelde mense van oral heen het nuwe hoop gekry as hulle die krag van Jesus ervaar het. Dieselfde krag is beskikbaar vir ons vandag.
Gebruik daardie krag om jouself te verdedig teen die teleurstelling deur op God te fokus, mediteer op Sy beloftes, verklaar Sy Woord en onderwerp jouself en jou situasie aan Hom in gebed.
Deur Jesus, kan jy die vyand se pogings om jou af te trek weerstaan en hom teregwys sodat hy jou nie vernietig nie.
Wanneer die duiwel ‘n beweging na jou kant toe maak, kan jy geestelik so ingestel wees op God dat jy dadelik sal kan onderskei wat hy probeer doen, hom weerstaan en dan sal hy vlug. Met die krag van Jesus wat aan jou beskikbaar is, het hy geen keuse as om weg te hardloop nie.
Gebedsbeginpunt
God, terugslae en teleurstelling mag na my kant toe kom, maar ek sal nie verewig teleurgesteld bly nie. As ek ingestel is op U, sal ek die duiwel weerstaan en hom stuur om te hardloop, elke keer.