Deur God Aanvaar

Deur God Aanvaar

Elkeen wat die Vader aan My gee, sal na My toe kom; en Ek sal dié persoon wat na My toe kom, nooit verstoot nie. (Johannes 6:37)

Het jy al ooit verwerp, ongewens of uit plek gevoel? Indien wel, is jy nie alleen nie. Daar is niemand wat aanvaarding ervaar van elke een in hul lewe nie. Trouens, sommige mense ervaar ‘n tipe verwerping wat hulle siele beskadig. Ons mag glo ons is gebrekkig as mense ons verwerp, en daarom neem ons verkeerdelik aan dat ons waardeloos of onbemind is.

Hierdie is nie waar nie. Die waarheid is dat God jou geskep het, en Hy het behae in jou. God het jou onvoorwaardelik lief, en Hy sal jou nooit verwerp nie. Moenie dat iemand anders se gedrag, woorde of optrede teenoor jou toelaat om jou minderwaardig of onbemind te laat voel nie.

Jy kan buite jou gevoelens lewe – jy kan verby die pyn beweeg van enige verwerping wat jy dalk in jou verlede hanteer het. Jy is geliefd, aanvaar en goedgekeur deur jou Hemelse Vader. Sy liefde is wat die belangrikste is.


Vandag se Gedagte

God se gedagtes teenoor jou, en Sy goedkeuring van jou, is baie belangriker as wat ander sê of voel. Moenie toelaat dat die verwerping van ‘n persoon swaarder weeg as die goedkeuring van God nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon