Die Bron van Jou Vertroue

Die Bron van Jou Vertroue

Want U, Here, is my hoop. Here, van kleins af het ek op U vertrou. (Psalm 71:5)

Wanneer jy jou vertroue in God plaas, is jy in staat om Sy rus in te gaan en rus is ‘n plek van vrede waar ons in staat is om ons lewens te geniet terwyl ons vol vertroue is dat God werklik vir ons is.

God gee om vir ons: Hy belowe om in ons behoeftes te voorsien sodat ons kan ophou dink en daaroor bekommer. Ek besef dit is makliker as gedaan maar daar is geen tyd as die hede om ‘n nuwe manier van lewe te begin nie – ‘n manier van lewe wat sonder bekommernis, angs of vrees is.

Dit is die tyd om te begin glo en te sê: ”God, ek vertrou U volkome. Ek hoef nie bekommerd te wees of bang te wees nie. Ek sal nie meer toegee aan vrees of angs nie. U is die bron van my vertroue.’’ Hoe meer jy oor hierdie waarheid dink, hoe meer sal jy vind dat jy vertroue bo bekommernis en geloof bo vrees kies.


Vandag se Gedagte

Vervang bekommernis met vertroue op God en geniet jou lewe.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Job 4:6; Spreuke 3:26

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon