Die Krag van Sy Mag

Die Krag van Sy Mag

Want die Here julle God gaan saam met julle! Hy sal vir julle teen julle vyande veg en Hy sal aan julle die oorwinning gee! (Deuteronomium 20:4)

Te veel kere probeer ons om ons stryd in ons eie krag te veg, en dan, wanneer ons onvermydelik misluk, raak ons gefrustreerd en wil ons moed opgee.

Ek stel voor dat enige tyd wanneer jy ‘n uitdaging voor jou het, om dit na God toe te neem. In jou stiltetyd saam met Hom, bid eenvoudig,” Vader, ek voel bekommerd oor die taak wat voor my lê. As dit iets is wat U nie wil hê ek moet doen nie, wys my asseblief en as U wil hê ek moet dit doen, gee my dan genade om dit saam met U te doen.”

Elke keer as ons ons probleme na God neem en Hom vertrou om die stryd vir ons te veg, gaan ons die uiteindelike oorwinning hê. God kan dinge deur ons doen wat ons nooit op ons eie sou kon doen nie, dus moenie op jou eie probeer veg nie. As jy fokus op die feit dat God by jou is en Hom in elke situasie vertrou, is daar geen manier waarop jy kan verloor nie.


Vandag se Gedagte

God het nog nooit ‘n stryd verloor nie. Hy is onoorwonne. Dit sal dwaas wees om jou probleme op jou eie te probeer hanteer. Neem dit na God toe en kyk hoe Hy ‘n oorwinning bewerkstellig.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 66:5-7; Kolossense 1:11

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon