Ontvang die genade van God

Ontvang die genade van God

‘’Tog is daar ’n ernstige verskil tussen ons sonde en God se genadegeskenk van vergifnis. Want die oortreding van hierdie een mens, Adam, het die dood van baie veroorsaak, maar die ander mens, Jesus Christus, het soveel meer gedoen: die genade van God, ja, sy genadegeskenk wat Hy deur Jesus Christus aan baie mense gee, oortref alles!’’- Romeine 5:15 NLV

Genade is die krag van God om te leef soos Hy jou geroep het om te lewe. God gee ons egter nie die genade om buite Sy wil te leef nie. As Hy ons sê om nie iets te doen nie wat ons besluit om wel te doen, sal ons die pynlike verlies van Sy salwing ervaar.

Genade is gelyk aan vermoë. God gee ons genade om opgewasse te wees vir die roeping in ons lewens. As ons ons eie ding doen, doen ons dit op ons eie. As ons Sy leiding volg, gee Hy altyd die genade en energie om te doen wat Hy ons voor geroep het.

Die beste is dat hoewel ons moet kies om Sy genade te ontvang, hoef ons niks te doen om dit te verdien nie. As jy kies om die roep van God te volg, is Hy bereid om jou te help. Jesus het gesterf om jou sondes te bedek sodat jy regvcerdig voor God kan wandel met toegang tot die Heilige Gees wat jou kan help om die daaglikse lewe te navigeer.

Ek versoek jou vandag om seker te maak dat jy in staat is om Sy genade en bekwaamheid te ontvang. As jy probeer om jou eie paadjie te volg, sê dan vir God dat jy Hom wil volg en vra Hom om jou te help. Hy sal altyd getrou wees om Sy genade aan jou te gee.


Gebedsbeginpunt

Heilige Gees, ek kan nie suksesvol my eie lewe leef sonder U genade nie. Ek wil U volg en ek vra dat U my sal help om elke dag my lewe te leef soos U wil hê ek moet lewe.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon