Genade vir die Daaglikse Lewe

Genade vir die Daaglikse Lewe

Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. (Kolossense 2:6)

Ons mag weet en verstaan dat ons sondes deur God se genade vergewe is, maar ons verstaan nie altyd dat ons dieselfde genade nodig het vir die daaglikse lewe as wat ons nodig gehad het vir ons verlossing nie.

Baie keer lyk dit of dit baie werk en moeite verg om die Christelike lewe te leef, en maak nie saak hoe hard ons probeer nie, ons voel asof ons val. Ons raak gefrustreerd omdat ons wil wees wat God se Woord ons beveel om te wees, maar ons voel dat ons nie die krag het om daarvolgens op te tree nie.

God se Woord leer ons om vir Jesus te lewe op dieselfde manier as wat ons Hom ontvang het – uit genade. Ons is uit genade gered en ons moet uit genade lewe. Wanneer ons dit doen, sal ons die vrede en vreugde van die Heilige Gees hê en ons sal die kragtige lewens lei wat God ons geroep het om te leef.


Vandag se Gedagte

Genade is God se onverdiende guns en dit is die krag en die vermoë wat nodig is vir jou om te doen wat God jou ook al vra om te doen. Sy genade red jou en dan dra dit jou suksesvol deur jou reis saam met Hom.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon