Jesus Verstaan

Jesus Verstaan

Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. (Hebreërs 4:15)

Ons kan in ons moeilikheid na Jesus draai, want Hy is ‘n Hoëpriester wat ons swakhede en gebreke verstaan. Hoe kan Hy verstaan? Hy kan verstaan, want Hy is in alle opsigte versoek net soos ons en tog het Hy nooit gesondig nie. Ook het Hy al ons pyn gevoel en al ons laste gedra toe Hy aan die kruis was. Hy weet waardeur jy gaan.

Jy is nooit alleen nie. Jesus is bekend met siekte en hartseer, pyn en verwerping. Jy kan altyd na Jesus draai wanneer jy seer het. Hy is deernisvol en vol begrip. Hy sal jou nooit wegwys nie. In plaas daarvan sal Hy na jou gebed luister en jou in jou pyn vertroos. Bowenal sal Hy jou deurdra en jou sterker as ooit tevore na die ander kant bring.


Vandag se Gedagte

Moenie die vyand se leuen glo dat jy alleen is en niemand verstaan waardeur jy gaan nie. Jesus verstaan en Hy het belowe om jou nooit te verlaat of in die steek te laat nie.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Matteus 26:38; Hebreërs 22: 17-18

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon