Jy is nie gemaak daarvoor om ‘n skuldgevoel te hê nie

Jy is nie gemaak daarvoor om ‘n skuldgevoel te hê nie

‘’Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem.’’ —Romeine 8:1 NLV

Wanneer ek groot groepe gehore vra hoeveel mense spandeer hul tyd om skuldig te voel, raai ek dat ten minste 80 persent van die mense hul hande opsteek. Ek was deel van daardie 80 persent totdat ek besluit het dat ek nie gemaak daarvoor is om skuldig te voel nie en dat ek nie sal aangaan met so ‘n afvallige gevoel wat my lewe  reël nie. Ek het God se Woord bestudeer oor skuldgevoelens en het Sy karakter en geaardheid bestudeer totdat ek seker was dat God nie die oorsaak is van ‘n skuldgevoel nie. Ek sien ‘n skuldgevoel as ‘n onwettige indringer wat ons gedagtes en gewetes aanval en probeer keer dat ons enigiets kan geniet wat God ons voorsien het. ‘n Skuldgevoel het geen wettige reg in ons lewens nie, want Jesus het betaal vir ons sondes en wandade. As dit onwettig binnein ons is, dan moet ons dit terugstuur waarvandaan dit gekom het – dit is die hel! Verseg dat ‘n skuldgevoel jou vreugde langer steel. Onthou jy is nie gemaak daarvoor om ‘n skuldgevoel te hê nie. Hanteer dit aggressief elke keer wanneer jy dit ervaar deur God se liefde en genade te ontvang.


Gebedsbeginpunt

Heilige Gees, ek weet ek is nie gemaak daarvoor om ‘n skuldgevoel te hê nie. Bring dit asb onder my aandag elke keer wanneer ‘n skuldgevoel opbou in my en herinner my dat ek vergewe en heel gemaak is deur Jesus se opoffering.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon