Lag Is Goeie Medisyne

Lag is Goeie Medisyne

’n Vrolike mens is soos goeie medisyne. ’n Neerslagtige mens tap jou krag. (Spreuke 17:22)

Alhoewel ons almal soms moeilike tye en hartseer ervaar in ons lewens, is dit belangrik om altyd maniere te vind om te glimlag en selfs te lag. Lag is goeie medisyne. Dit is wetenskaplik bewys dat dit gesondheid en genesing verbeter.

Dit maak nie saak waardeur ek gaan nie, dit laat my elke keer beter voel as ek lekker kan lag oor iets en ek dink jy sal vind dat dieselfde vir jou waar is.

Ek dink God het ons die vermoë gegee om te lag vir ‘n rede. Natuurlik is een van die redes omdat Hy wil hê ons moet die lewe geniet, maar ek glo ook dat dit die vermoë het om ons te red daarvan dat ons probleme ons oorweldig.

Lag verminder ook spanning, dus hoekom vind jy nie vandag doelbewus iets om oor te lag nie?


Vandag se Gedagte

Neem oomblikke deur die dag om te ontspan en ‘n bietjie te lag, al beteken dit om vir jou eie foute te lag.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Job 5:22; Prediker 3:4

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon