‘n Brief vir Jou

‘n Brief vir Jou

U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad. (Psalm 119:105)

Die Bybel is geskryf as ‘n persoonlike brief van God aan jou. Hy praat met jou, voldoen aan jou behoeftes en lei jou deur Sy geskrewe Woord. Hy openbaar waarheid en wysheid en leer jou hoe om te lewe.

Daar is ‘n antwoord vir elke probleem in die Woord van God. Daar kan tye wees wanneer God iets tot jou hart spreek wat nie spesifiek in ‘n hoofstuk of vers in die Bybel gestel word nie, maar dit sal altyd in ooreenstemming wees met die beginsels in Sy Woord.

Sonder om tyd in God se Woord te spandeer, kan ons nie Sy stem duidelik of akkuraat hoor nie. Om die geskrewe Woord te ken, beskerm ons teen misleiding- dit is ons standaard van waarheid. Om na God se Woord te luister sonder om voortdurend in Sy Woord te wees, maak jou oop vir die hoor van stemme of om beïnvloed te word deur bronne, wat nie van God is nie, daarom is dit so belangrik om nie net Sy Woord te lees nie, maar om dit te bestudeer. Maak Bybelstudie ‘n topprioriteit, want dit is jou instruksieboek vir die lewe!


Vandag se Gedagte

God se Woord is Sy geskenk aan jou, gee jou rigting en skyn ‘n lig op jou voetstappe. Neem vandag tyd om van God se persoonlike briewe aan jou te lees en vra Hom om tot jou hart te praat.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 1:1-2; Galasiërs 5:16

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon