Die Belangrikheid Daarvan om Goed te Wag

Die Belangrikheid Daarvan om Goed te Wag

Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.(Jakobus 1:4)

Ons almal moet wag vir dinge in die lewe. Dit is hoekom geduld uiters belangrik is as jy die lewe wil geniet en God met jou gedrag wil verheerlik.

Die volgende keer wat jy op iets of iemand moet wag, in plaas daarvan om ongeduldig te reageer, probeer om jouself te herinner, om ontsteld te raak sal dit nie vinniger laat gaan nie, so ek kan net sowel die wag geniet. Jy kan selfs hardop sê: ”Ek ontwikkel geduld terwyl ek wag, so ek is dankbaar in hierdie situasie.” As jy dit doen, sal jy volgens die Woord van God optree eerder as om op die onaangename omstandighede te reageer.

Onthou, geduld is ‘n vrug van die Gees wat God in jou lewe wil ontwikkel. Moenie net dink aan hoe moeilik en frustrerend dit is nie, maar dink aan hoe geseënd jy kan wees terwyl jy die kuns leer om goed te wag.


Vandag se gedagte

Ons sal almal seisoene van wag op verskillende tye in ons lewens ervaar, so ons kan net sowel vreugde in daardie tye ontdek en op God steun terwyl ons wag vir die antwoord.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Genesis 49:18; Klaagliedere 3:25-26

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon