Vir die Vreugde om die Prys te Bekom

Vir die Vreugde om die Prys te Bekom

Ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon! (Hebreërs 12:2)

Jesus het gesê dat alhoewel Hy die skande aan die kruis verag het, het Hy dit verduur vir die vreugde om die prys aan die ander kant daarvan te verkry. Talle mense het vir my gesê dat hulle dit wat hulle deurgemaak het vir niks sou verruil nie, bloot omdat dit hulle verander het en hulle naby aan God gebring het.

Ons kan dit waardeur ons gaan verag terwyl ons daardeur gaan. Niemand geniet enige soort pyn of lyding nie. As ons kan glo dat iets goeds uit die pyn sal kom, sal ons dit met meer vreugde kan verduur. As ons aanhou om te glo dat ons die goedheid van God sal sien, ongeag hoe seergemaak ons is of hoe lank dit neem, sal ons die soetheid van deurbraak en oorwinning smaak.


Vandag se Gedagte

Jy moet deur dit gaan om deur dit te kom. Moenie bang wees vir moeilikheid nie, want God sal nie vir jou meer gee as wat jy kan hanteer nie, met Hom in jou lewe om jou te help en te lei.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Korintiërs 9:24; 1 Tessalonisense 5:9

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon