‘’Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen.’’ —Matteus 5:45 NLV
Het jy al gesien hoe iemand geseën word deur God en gevoel het dat hulle dit nie verdien nie? Het jy al gesien hoe goeie goed gebeur met mense wie jou seergemaak het? Wanneer ‘n persoon wie jou al beledig het geseën word, kan dit jou grief…dit het ten minste vir my gegrief totdat ek geleer het om te vergewe. Die Bybel sê dat goeie en slegte dinge gebeur met beide die regverdige en die onregverdige. Wanneer iemand wie jou seergemaak het geseën word, is dit moeilik om hulle te vergewe, maar jy moet steeds vir hulle bid. Ek wil vandag vir jou bemoedig om die mense wie jou seergemaak het te seën, al voel jy seergemaak en geïrriteerd met hulle. Wanneer jy bid vir die mense wie jou seergemaak het, is dit ‘n keuse wat jy maak. Vergifnis is gebaseer op jou besluit – nie ‘n gevoel nie. Daar is genesing vir jou in dit. ‘n Vergewensgesinde leefstyl help jou om meer soos Christus te word. Soos jy die belangrikheid van vergifnis leer en begin bid vir seëninge vir dié wie jou seergemaak het, sal jou hart genees van bitterheid, en jou persoonlike groei sal jou lei na die seëninge wat God vir jou beplan het.
Gebedsbeginpunt
Vader, dit is moeilik, maar ek weet ek moet bid vir diegene wie my seergemaak en hulle seën. Ek besef vergifnis is ‘n keuse, so ek vra dat U my sal help in my keuse om te vergewe.