Alledaagse Antwoorde

Verbeter jou Huwelik Vandag!

deur Joyce Meyer

Verbeter jou Huwelik Vandag!

Ek dink die meeste mense sal saamstem dat ‘n goeie huwelik nie net gaan ”gebeur” nie. Dit gaan ‘n bietjie gee en neem verg. Meer as enigiets beteken dit dat om ‘n goeie verhouding te hê, is om toegewyd te wees om dinge op God se manier te doen.

Ek het byvoorbeeld een belangrike manier gevind hoe om my huwelik te verbeter, en dis om ‘n gesindheid van gee eerder as om te kry, aan te neem (sien Handelinge 20:35). Ons natuurlike neiging is om op onsself te fokus. Ons is geneig om te dink: Wat kan jy vir my doen? of Hoe kan jy my gelukkig maak?

As jy jou huwelik betree met die ingesteldheid dat jou huweliksmaat jou heeltyd gelukkig moet maak, berei jy jou voor vir ‘n ramp. As jy egter die keuse maak om ‘n seën vir jou huweliksmaat te wees – as jy jou daarop instel om te dink ek wil gee …hoe kan ek goed vir hom/haar wees? – dan sal jy nie net jou huwelik versterk nie, maar jy sal ook baie gelukkig wees!

Ek erken dat ek vroeër ‘n ongelooflike selfsugtige persoon was. Om eerlik te wees, ek wou net my eie manier hê en ek het ontsteld geraak as ek dit nie gekry het nie. Om die waarheid te sê, ek kan nog baie oggende onthou terwyl ek in die bed gelê het en net gedink het oor hoe ek vir Dave gaan kry om te doen wat ek daardie dag wou doen. Ek het net vir myself geleef – en het gedink oor alles wat ek wou hê en wat ander vir my kon doen.

Wel, een oggend terwyl ek daar lê en my plan geformuleer het vir hoe ek alles gaan kry wat ek wou hê, het die Heilige Gees my aandag op iets gevestig wat ek nooit sal vergeet nie.

Die Here het vir my gesê: ”Joyce, soms herinner jy My aan ‘n klein speelgoedrobot wat iemand elke oggend opwen. Dan, wanneer jy heeltemal opgewen is, loop jy heeldag rond en sê, ‘Wat van my? Wat van my? Wat van my? Wat van my? Wat van my?’ ‘’

Dit het my aandag getrek! Met verloop van tyd, terwyl ek God se hulp gesoek het, het Hy my stukkie vir stukkie gehelp om te verander en minder selfsugtig te wees.

Een goeie manier om goed vir jou huweliksmaat te wees, is om tyd te neem om te leer waarvan hulle hou en waarvan hulle nie hou nie. Ek het byvoorbeeld geleer dat Dave dit regtig waardeer om kwaliteit tyd saam deur te bring. Al is ek meer veelsydig, het ek geleer om Dave my onverdeelde aandag te gee wanneer hy vir my iets wil vertel.

Net so het Dave moeite gedoen om te leer waarvan ek hou. Baie kere sal hy kies om al die skottelgoed in die aand te was net omdat hy weet hoeveel dit my seën. Dit lyk dalk na ‘n klein dingetjie, maar die moeite werd om ‘n gesonde verhouding te handhaaf!

Die beginsel kom uit Handelinge 20:35 (NLV), wat sê, ‘’Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.’’

Vir baie jare kon ek hierdie Skrif aanhaal, maar ek het dit natuurlik nie geglo nie, want ek het my tyd spandeer om myself gelukkig te maak eerder as om ‘n seën vir ander te wees. God het my geleer dat ons nie eers weet wat ”gelukkig” is totdat ons van onsself vergeet, op ander begin fokus en in elke opsig vrygewige gewers word nie.

Ek sal ‘n paar jaar gelede nooit vergeet toe ek ‘n verjaardagpartytjie vir Dave beplan het nie. Ek het een hele dag spesifiek spandeer om boodskappe te doen, rond te hardloop en planne te maak oor hoe ek dit ‘n wonderlike geleentheid kan maak. Teen die tyd dat sy verjaarsdag aangebreek het, was ek absoluut so vol vreugde en kon nie wag om sy reaksie te sien nie. Ek dink eintlik ek het sy verjaardag meer geniet as hy! Hoekom? Want ek het vergeet van myself en daarop gefokus om goed te wees vir iemand anders.

Dit is so belangrik om te onthou dat jy nooit meer kan gee as wat God kan gee nie. Selfs al voel jy op die oomblik dat jy al die gee-werk doen en jou huweliksmaat doen al die neem-werk, wees verseker dat God altyd vir jou sal sorg en jou gehoorsaamheid aan Sy Woord sal seën.

Galasiërs 6:7 (NLV) gee ons ‘n wonderlike belofte van God. Dit sê, ‘’ Wat mense saai, sal hulle ook maai!’’ Ek hou hiervan! Wanneer ons ‘n besluit neem om gewers te wees en ons tyd spandeer om te fokus op hoe ons goed vir ander kan wees, sê God dat Hy maniere sal vind om ons te seën en vir ons te sorg.

Ek wil jou aanmoedig om aksie te neem om jou huwelik op praktiese maniere te verbeter. Vir die volgende week of wat, neem net ‘n minuut of twee elke oggend om jou gedagtes te ‘’stuur’’ in die rigting van gee in plaas van om te kry. Dink doelbewus aan iets wat jy vir jou huweliksmaat kan doen wat ‘n seën vir hulle kan wees.

Soos jy dit doen – soos jy kies om tyd te neem om hul lewe beter te maak – glo ek dat jy self meer geluk sal begin ervaar … en waarlik ‘n huwelik sal hê wat julle albei geniet.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon