Alledaagse Antwoorde

Die Wonderbaarlike Genade Van God

deur Joyce Meyer

Die Wonderbaarlike Genade van God

Genade is een van God se wonderlike, bonatuurlike eienskappe. In Noah Webster se woordeboek van 1828 word genade gedefinieer as ‘’daardie welwillendheid, sagmoedigheid of teerheid van hart waar ‘n persoon geneig is om onreg oor die hoof te sien of om ‘n oortreder beter te behandel as wat hy verdien.’’

Genade is nie regverdig nie, maar dit is godvrugtig. Nie regverdig nie, maar kragtig. Nie regverdig nie, maar Christelik. Wanneer ons doen soos God ons lei, bring Hy altyd geregtigheid in ons lewe. Om genadig soos God te wees, moet ons leer om Hom meer ten volle te vertrou. Elkeen van ons het geleenthede om dit elke dag te doen … met vriende en familie, kollegas en mense rondom jou waar jy ook al heengaan.
Wanneer mense ons seermaak of teleurstel, lei ons menslike natuur ons om nie van hulle te hou nie weens hul tekortkominge. God se begeerte vir ons is om alle mense lief te hê, ook ons vyande (sien Matteus 5:43-48).

As hulle liefde in jou hart kan sien, in plaas van woede en oordeel wat vir hulle vriendelikheid of welwillendheid wys wat onreg miskyk en mense wat jou misbruik beter behandel as wat jy verdien. Nog belangriker, dit gee vir hulle klinkklare bewyse dat Christus in jou werk! Een van die grootste voorregte wat ons in die lewe het, is om Sy voorbeeld te volg deur genade aan ander te bewys soos hulle dit nodig het.

Genade Hou Nie Telling Nie

Wanneer iemand ons seermaak of aanstoot gee, is dit maklik om ‘n lys te maak en telling te hou van alles wat hulle ooit verkeerd gedoen het. God vra ons egter om soos Hy te wees.

Klaagliedere 3:22-23 vertel ons dat Sy ontferming elke oggend nuut is. In Jesaja 43:25 sê Hy, ‘’Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en Ek dink nie weer daaraan nie’’ (NLV).

Terwyl ek en my man, Dave, pas getroudes was, was ek redelik goed om telling te hou. Elke keer wanneer ons gestry het, het ek elke enkele ding wat hy gedoen het wat my aanstoot gegee het, opgenoem sedert die dag toe ek hom ontmoet het.

Ek sal nooit die een dag vergeet nie, nadat ek my lys resiteer het, toe Dave na my gekyk het en gesê het, ”Waar in die wêreld hou jy al daardie goed?’’

Ek het geleer die beste ding wat ons vir onsself kan doen, is om die seer te laat gaan … om die telling-hou te verloor oor hoe ander ons kwaad aangedoen het … en die verlede agter te laat.

Die Hoekom Agter Die Wat

Ek sê altyd dat genade die ”hoekom” agter die ”wat” verstaan. Dit gee om vir die persoon, nie net wat hulle aan ons gedoen het nie.
Kom ons sê jy is by die kruidenierswinkel en die betaalklerk is brommerig met jou en het ‘n suur voorkoms. Jy het ‘n keuse …
Jy kan sê, ”Ek waardeer nie jou houding nie. Ek is ‘n kliënt hier en ek hou nie van die manier waarop jy optree nie. Ek gaan jou bestuurder vertel.”

Of jy kan genadig wees en sê, ”Dit lyk of jy ‘n moeilike dag het. Ek wil net sê dat God jou liefhet en regtig vir jou omgee.’’ Jy kan die beste van daardie persoon glo en besef hulle is om ‘n rede ontsteld.

Wanneer iemand ons seermaak, is ons eerste geneigdheid dikwels om te dink: ”Jy gaan my nie so behandel nie. As jy dink jy gaan daarmee wegkom, wag daar ‘n verrassing op jou!’’

Dit help egter om te onthou dat almal wat sleg optree op een of ander manier seer het.

Toe ek Dave die eerste keer ontmoet het, het ek baie probleme gehad as gevolg van die seksuele en emosionele mishandeling wat ek verduur het in my kinderjare. Ek was kwesbaar en het seergekry, en dit het gelyk of ek elke tweede dag ‘n argument begin of iets sê waaroor ek spyt is.

Omdat Dave reeds ‘n sterk verhouding met die Here gehad het, het hy my voortdurend genade betoon en liefgehad ten spyte van my gedrag. Dit maak nie saak hoe sleg ek die vorige aand opgetree het nie, hy was nie die volgende oggend kwaad nie. Hy het nie toegelaat dat my gedrag sy karakter verander nie.

Jy Maai Wat Jy Saai

Lukas 6:36-37 sê, ‘’ Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is. Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie … As julle ander vergewe, sal julle vergewe word’’ (NLV).

Ons maai wat ons saai en wat ons ook al aan ander gee, is wat ons in ruil daarvoor sal ontvang. As jy genade wil hê, saai dan genade. As jy ‘n vriend nodig het, saai dan vriendelikheid. As jy finansiële behoeftes het, soek dan maniere om in iemand anders se behoeftes te voorsien.

Dit is maklik om te oordeel. Ek krimp ineen as ek terugkyk na die uiters kritiese en veroordelende persoon wat ek voorheen was. Om die waarheid te sê, voor ek ‘n ernstige Christen was, was een van my gunsteling dinge om te doen om ander te oordeel.

Ek het by die winkelsentrum gesit en kyk hoe mense verbystap, hulle opgesom en negatiewe dinge oor hul klere, hare of die mense rondom hulle gedink.

Die Bybel sê, ‘’Moenie oordeel nie’’ (Lukas 6:37 NLV). Ek het nie net ‘n slegte saad gesaai nie, ek was ellendig deur nie in liefde te loop en in die beste van ander te glo nie.

Die waarheid is wanneer ons genade saai, pluk ons ‘n oes van vrede, vreugde en gesonde verhoudings. Ons gee ook geestelik ‘n reuse-stap vorentoe. Die keuse om te doen wat reg is – selfs wanneer dit seermaak – veroorsaak dat ons op ‘n wonderlike manier groei en volwasse word.

Dus, aan wie kan jy vandag nuwe genade betoon?

 

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon