“Elkeen van ons sal dus oor ons eie doen en late voor God verantwoording moet doen.” —Romeine 14:12 NLV
Te veel mense kom nooit by die vervulling van God se doel vir hul lewens nie, want hulle is te besig om ander mense gelukkig te hou. Die wêreld is gevul met mense wat dink hulle weet wat jy met jou lewe moet doen.
Maar die Bybel sê dat jy verantwoording aan God moet doen van hoe jy gelewe het, nie aan enigiemand anders nie. Dit is hoekom ons moet lewe deur God se genade elke dag, doen jou deel om Hom te behaag.
Is jy dapper genoeg om jou hart te volg eerder as die skare? Is jy gefokus op Christus selfs as baie stemme jou probeer wegtrek van jou roeping af?
Daar is twee tipes mense in die wêreld: die wat wag vir iets om te gebeur en die wat dinge laat gebeur. God het jou geroep om groot dinge vir Sy Koninkryk te doen – en Hy het jou alles gegee in Christus om dit te kan doen.
So wees intensioneel en leef jou lewe doelgerig. Moenie net sit en wag om te sien wat al die ander mense gaan doen en dan die skare volg nie.
Stig jouself op, maak ‘n besluit en gaan!
Gebedsbeginpunt
Here, ek wil net my lewe leef om U te behaag, nie ander nie. Ek stap met vrymoedigheid in die roeping wat U vir my het. Ek sal nie terugsit nie, maar ek sal my lewe doelgerig vir U uitleef.