God kan jou grootste beproewinge ten goede gebruik

God kan jou grootste beproewinge ten goede gebruik

‘’Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef.’’- Genesis 50:20 NLV

God het ‘n ruk gelede dit op my hart gesit: Joyce, jy sien net tot aan die einde van jou neus (wat nie baie ver is nie), en jy aanvaar dat alles wat nie goed voel nie, nie goed is nie. Maar Ek sien van begin tot einde, want Ek is Die Begin en Die Einde, en Ek weet baie dinge wat jy nie weet nie.

Ons weet deels…maar God weet alles.

In Genesis 50:20 praat Josef met sy broers wie hom mishandel het.

Toe hulle hom in ‘n put gegooi het en hom aan slawerny verkoop het, het hulle gedink hul werk teen hom, maar eintlik het God ‘n plan gehad om daardie beproewinge te gebruik om Josef tot ‘n plek van groot invloed te bevorder.

Soms is dit wat ons dink aaklig is, ‘n groot seën. Die grootste beproewing kan die grootste geloof in jou ontwikkel. Jy is miskien aan die onderkant van ‘n put, maar God kan daardie put gebruik om jou te bevorder tot jou roeping. Onthou, God sien alles en hy sal die beproewinge tot jou voordeel gebruik.


Gebedsbeginpunt

Here, ek kan nie ‘’verby my neus sien nie’’, maar ek vertrou U want ek weet U sien alles. Ek glo U kan my beproewinge neem en iets goed daaruit voortbring.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon