Druk deur en geniet jou vordering

Druk deur en geniet jou vordering

‘’U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad.’’ —Psalm 119:105 NLV

Dit is waar dat ons almal ruimte nodig het om te groei en te verbeter in ons verhouding met God. Ek was moedeloos oor hoe ver ek moes gaan en dit het gelyk of ek daaraan herinner word, elke dag, elke uur. Ek het ‘n konstante gevoel van mislukking gehad – die gevoel dat ek net nie was wat ek moes gewees het nie, ek nie genoeg doen nie en dat ek harder moes probeer. Maar toe ek harder probeer, het ek weer misluk.

Ek het nou ‘n nuwe houding aangeneem: ek is nie waar ek moet wees nie, maar Goddank, ek is nie waar ek vroeër was nie. Dit gaan goed en ek is op pad! Ek weet nou met my hele hart dat God nie kwaad is vir my net omdat ek nog nie daar aangekom het nie. Hy is bly dat ek deurdruk en bly op die pad wat Hy vir my voorberei het.

As jy en ek net aanhou, sal God tevrede wees met ons vordering. Hy het belowe om die pad voor ons te verlig. Ons weet miskien nie die weg nie en ons struikel soms, maar God is getrou. Hy sien jou vordering, Hy is trots op jou, en Hy sal jou help om op die regte pad te bly!


Gebedsbeginpunt

Here, ek sal nie moedeloos raak oor waar ek is nie. U het my al so ver gebring, en ek weet U sal aanhou om my pad te verlig.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon