‘’Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.’’- Psalm 119:15 NLV
Diep seer kom nie net uit groot teleurstellings, soos wanneer ons nie die werk of bevordering kry wat ons regtig wou hê nie. Diep emosionele seer kan voortspruit uit ‘n reeks geringe irritasies en frustrasies. Daarom moet ons weet hoe om die daaglikse klein teleurstellings te hanteer en dit in perspektief te hou.
As jy gedurig op iets fokus, word dit meditasie genoem. Die klein frustrasies wat elke dag opduik, is irriterend genoeg, maar wanneer dit te veel word is dit amper onmoontlik om oor iets anders te mediteer.
Maar in plaas daarvan om op jou probleme te konsentreer en moedeloos te raak, fokus op God en mediteer op Sy beloftes vir jou. Die lewe kan jou dalk onderkry, maar jy hoef nie daar onder te bly nie. God is gereed, gewillig en in staat om jou op te tel.
As teleurstellings swaar druk op jou, kan jy of toelaat dat dit jou onderkry, of jy kan dit as ‘n middel gebruik om dinge beter te maak. Kies om teleurstellings te konfronteer deur dadelik op God se weë te mediteer. Hy het beter dinge vir jou en Hy sal jou help om die teleurstelling te oorwin.
Gebedsbeginpunt
Here, soos Psalm 119:15 sê, wil ek mediteer op U Woord, nie die klein teleurstellings wat probeer om my te onderdruk nie. U Woord is kragtig en lewegewend, daarom weet ek dat ek teleurstellings kan oorkom deur op te kyk na U!