Wag op die wysheid van God

Wag op die wysheid van God

‘’Sonder goeie leiding stort ’n volk in duie;  dit is veilig om baie raadgewers te hê.’’ —Spreuke 11:14 NLV

Mense vra my gereeld: ‘’Hoe weet ek of ek in die waarheid van God wandel of  volgens my eie gevoelens en emosies?’’ Ek glo dat die antwoord geduld is.

Emosies jaag ons aan, om haastig te wees om iets nou te doen! Maar goddelike wysheid sê dat ons moet wag totdat ons ‘n duidelike beeld het van wat ons moet doen en wanneer ons dit moet doen. Goddelike wysheid sê vir ons om wyse leiding en raad te soek voor ons besluite neem.

Ons moet in  staat wees om ons situasie vanuit God se perspektief te bekyk. Ons moet besluite neem op grond van wat ons weet eerder as op wat ons voel. Ons moet Sy wysheid en die betroubare mense wat Hy in ons lewens geplaas het, ontvang.

Wanneer jy voor ‘n moeilike keuse kom, wag vir ‘n duidelike antwoord voor jy ‘n stap neem waaroor jy gaan spyt wees. Emosies is wonderlik, maar dit moenie toegelaat word om voorkeur bo wysheid en kennis te hê nie. Soek God se leiding en laat Hy jou wys wat om te doen.


Gebedsbeginpunt

Here, ek sal nie besluite neem wat deur my emosies gelei word nie. Ek verbind my daartoe om U wyse leiding te soek vir die keuses wat ek maak.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon