‘n Perfekte hart

‘n Perfekte hart

‘’Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.  Wat ‘n dwaas was jy nie! Daarom sal jy van nou af gedurig oorloë hê.” —2 Kronieke 16:9 NLV

Die Here het my keer op keer daaraan herinner dat Hy nie na perfekte optrede van ons soek nie, maar na perfekte harte.

Baie mense dink dat God hulle nie kan gebruik voordat elke area van hulle lewens vervolmaak is nie. Maar God gebruik ons ten spyte van ons, nie as gevolg van ons nie.

Somtyds ‘’hou’’ mense van jou op grond van jou optrede. As jy doen wat hulle wil hê jy moet doen, aanvaar hulle jou; maar as jy dit nie doen nie, verwerp hulle jou. God se liefde is slegs op God gebaseer. Hy het jou lief en aanvaar jou soos jy is.

Dit beteken nie dat ons ‘n los houding moet hê en nie ‘n heilige lewe moet leef nie. ‘n Persoon wie se hart volmaak is teenoor God sal altyd in alle erns en ywer begeer om God in alles te behaag, tog verstaan hulle dat God hulle nie sal verwerp as gevolg van hulle swakhede en foute nie. Hy wil ons liefhê en ons help wanneer ons swak is.

Laat God jou liefhê en in ruil gee Hom jou liefde met ‘n perfekte hart!


Gebedsbeginpunt

Here, ek weet U het my lief ten spyte van my swakhede en gebreke. Dankie vir U liefde en ek gee my hart aan U, in die wete dat U my kan gebruik wanneer ek U volg met ‘n perfekte hart.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon