‘’Daar is ’n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd:’’ —Prediker 3:1 NLV
Prediker 3:1 vertel ons dat daar ‘n vaste tyd is vir alles. Ons leef nie almal in dieselfde seisoen nie. Daar sal tye wees wanneer iemand anders die oes geniet terwyl jy nog in die plantseisoen is. Onthou in daardie tyd het hulle ‘n seisoen van plant deurgemaak, net soos jy nou deurmaak.
Saaityd verteenwoordig die leer van God se wil. Elke keer as ek God se wil kies, in plaas van my eie, plant ek ‘n goeie saad wat uiteindelik ‘n oes in my lewe sal bring.
Tussen saaityd en oes kom daar ‘n tydperk van wag. Wortels skiet uit en grawe hul pad deur die grond. Dit neem tyd en dit geskied ondergronds. Bokant die grond kan jy nie sien dat iets gebeur nie.
Nadat ons saadjies van gehoorsaamheid geplant het, voel dit asof daar niks gebeur nie, maar daar gebeur allerhande dinge binnekant wat ons nie kan sien nie. En soos die saad uiteindelik deur die aarde bars met ‘n pragtige groen loot, sal ons saadjies van geloof deurbreek in ‘n pragtige oes van wat God vir ons beplan het.
Gebedsbeginpunt
Here, ek weet dat saaityd nodig is vir oestyd, so ek sal wag, al lyk dit of niks gebeur nie. Ek sal U vertrou met die wete dat U op die regte tyd my oes sal inbring.